Is JY reg vir die Stryd ?

                           Die grootste Stryd ooit.....gaan oor jou ! ! !

Doel en Visie

Text Box: Doel en Visie van die Program:

God het vir my op ‘n unieke manier kom wys hoe om manne en seuns as geestelik voorbereide “soldate” vir Jesus Christus op te lei, deur middel van die program – Is JY reg vir die stryd ? 

Hoekom ? Want manne leef in ‘n gebroke węreld, waar dit broodnodig is om te besef wie hul in Christus Jesus is.

Die program word aangebied en gebasseer op God se Woord.  Sien “Konsep en Model” asook “Bou Blokke”.

Is JY reg vir die stryd ? is ‘n pro-aktiewe opleidingskamp wat manne en seuns pro-aktief gaan oplei met Sy eenvoudige Godgewe geestelike wapens. 
Manne word geroep om geestelik saam met Jesus Christus te gaan veg, sodat ons hierdie land en węreld kan verander, en ook onsself persoonlik kan beskerm in vandag se lewe teen die bose, gereed en bewapen met Jesus Christus se magtige wapens.
Die program gaan eerstens fokus om manne in hul persoonlike lewe te leer met die gevegstryd teen ons geestelike vyand.  Indien God jou dan enigsinds verder roep om vir Hom te gaan baklei, kan jy as soldaat van God hierdeur ook ander persone help met hul stryd.

Huidiglik bevind jy as man jou in ‘n węreld wat genadeloos met ons manne werk. 
Hier in Suid Afrika het ons die hoogste statistieke in die węreld van verkragting, misdaad, geweldsmisdaad en egskeidings. Aids en dwelm statistieke is van die hoogste in die wereld en korrupsie is aan die orde van die dag.
Ons hoef nie slagoffers te wees nie, maar oorwinnaars deur Jesus Christus. 
Toe Jesus  Christus opgevaar het, het Hy ‘n magdom geestelike wapens vir ons gelos, maar ons neem dit nie op nie, of weet slegs nie hiervan nie.
Hierdie leer program word gemik op manne en seuns wat konings van die huise is, sodat hul vir altyd soldate in Jesus Christus kan bly, die stryd end-uit veg totdat daar oorwinning is oor die vyand.

Eff 6:10  	“Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.”

Spr 24:11  	“Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!”

Jes 42:13  	“Die HERE sal uittrek soos ‘n held; Hy sal die ywer opwek soos ‘n krygsman; Hy sal die strydkreet 			aanhef, ja uitskreeu, teen sy vyande Hom as held openbaar. “

		
		Jesus roep soldate op vir Hom, manne om saam met Hom te 
		kom veg, ..........en enduit die stryd te stry.